doneer nu materialen webshop

Buitespel

Vrydagmiddag


Elke Vrydagmiddag kom ek in Refilwe en ontmoet ‘n leeftydsgroep kinders in die saal. Carianne en Teunie bied eers ‘n bybelles aan en eindig met gebed. Daarna verdeel ons die kinders in groepe en begin met die buitesepel aktiwiteite. 
Ons het tot dusver groepsaktiwiteite gedoen soos toutrek, touspring , sokker en volleyball. Hul het ook aktiwiteite gedoen soos balgooi en eenvoetspring in ‘n hoepel om so die vaardighede en motoriese koordinasie te verbeter. Daar is tot dusver baie glimlaggies, vrolikheid en entoesiasme te sien op die kinders se gesigte. Daardeur kan mens sien dat hul dit geniet met mekaar en ontspan. 


Ek hoop dat die buitespelaktiwiteite die kommunikasie, die gesonheid en die saamwerk met mekaar mag verbeter.  Doe grootdoel is om die kinders in Refilwe te mag trek om die evangelie lesse te kan bywoon en nie te ignoreer nie…

Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. 1 Timotheus 4 : 8

Aktiewe groete, Rianne van Nieuwkoop

​​​​​​​

Terug naar overzicht
Terug