doneer nu materialen webshop



Jeugdag 

in Hammanskraal

Die jeugdag was ‘n heerlike dag vir nie net die jeug nie maar selfs vir die bejaarde gaste wat die hele dag saam geniet het. In de begin kon ons die jeug tel wat aangekom het, maar later was die tent, waar almal bymekaar gekom het, te klein en die stoele te min. Dit was mooi om te sien dat daar so baie jeug die dag kon bywoon.

Tannie Ria het ‘n Bybelklas aangebied en sy het gesê: “ Die kinders het met aandag geluister”. Die Bybelklas het gegaan oor die verdriet van Hanna, haar gebed in die tempel, die geboorte van Samuël en hoe God Samuël roep. Die kinders kon ook al die vrae beantwoord wat na die Bybelles gevra is. Daar is ook ‘n paar wat die Bybelgedeelte voorgelees het in hulle eie taal. Die kinders het ook deur die jaar ‘n paar Bybeltekste geleer en kom opsê. Dit was mooi om te sien hoe mooi voorbereid die kinders was en hoe mooi hulle, hul tekste opgesê het.

Die jong kinders van 5-8 jaar oud het ‘n mooi kaart gemaak waar Hanna en Samuël op was. Die ander jeuggroep het die prent van Samuël in ‘n bedjie ingekleur en uitgeknip. Hulle het dit baie geniet en kon lekker saam in ‘n kring saamwerk. Die oudste kinders het ‘n baie oulike aktiwiteit gehad om te doen. Hulle is in drie groepe verdeel, waar hulle verskillende kleure verf gehad het en dan het elke een ‘n kleur gehad om te verf op die kunswerk. Dit het pragtig uitgekom.

Na al die aktiwiteite het die kinders heerlik gespeel. Die dogters het netbal gespeel teen mekaar. Die seuns het sokker teen mekaar gespeel. Daar was ook ‘n springkasteel en speelraam wat oorvol van jong kinders was. Ons het die dag afgesluit en heerlik saam ‘n maaltyd geniet.

Rianne van Nieuwkoop

Terug naar overzicht
Terug